Mandrake Linux Installasie instruksies Konfigurasie Benodig * Pentium of aanpasbare verwerker * CDROM-aandrywer * Ten minste 32 MB geheue, 64MB word aanbeveel Om Mandrake Linux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting. LET WEL: * Indien u opgradeer vanaf enige van die 7.0, 7.1, 7.2, 8.0 of 8.1 Mandrake Linux weergawes, onthou om eers asb. 'n rugsteun van u stelsel te neem. * Opgraderings vanaf ouer weergawes (voor 7.0) word NIE ondersteun NIE! In sulke gevalle moet u 'n nuwe installasie doen en nie 'n opgradering nie. ______________________________________________________________________ U kan ook Mandrake Linux binne 'n Windows 95/98/ME stelsel installeer, d.m.v. Linux vir Windows. Hierdie metode verg nie 'n skyfpartisie nie en installeer Linux binne 'n Windows-lêergids. Dit is 'n gemaklike metode om Mandrake Linux te ervaar sonder om u Windows-stelsel te verander. Dit is egter heelwat stadiger as 'n normale installasie. En u Mandrake Linux installasie is ook verlore sou u Windows herinstalleer. Verwys asb. na punt 2 vir die gebruik van Linux vir Windows. Hier is die metodes om Mandrake Linux te installeer: 1. Selflaai direk vanaf die CD 2. Installeer binne Windows 95/98/ME 3. Maak 'n selflaaiskyf met Windows 4. Ander installasiemetodes ______________________________________________________________________ 1. Selflaai direk vanaf die CD Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of druk [F1] vir verdere hulp. LET WEL: Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 3 vir detail. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 2. Installeer binne Windows 95/98/ME Om Mandrake Linux binne 'n Windows-lêergids te installeer, sonder om enige partisies op die skyf te skep moet u: 1. Die CD in die aandrywer plaas, 2. Die stelsel herlaai, 3. [F1] druk wanneer die Mandrake Linux skerm verskyn, 4. en lnx4win tik op die instruksielyn, en [Enter] druk Volg dan die instruksies op die skerm. Addisionele detail oor lnx4win kan in die ooreenstemende README-lêer gevind word. LET WEL: Wanneer u die CDROM onder Windows insit, sal 'n venster opspring wat u toegang sal gee tot die installasieopsomming asook die Mandrake Linux demonstrasies en tutoriaal. Dit sal u ook toelaat om die herlaaiskyf te skep wat onder punt 3 bespreek word. Indien die venster nie opspring nie, loop: D:\dosutils\autorun.exe (vervang D met u CDROM se skyfletter). [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 3. Maak 'n selflaaiskyf met Windows Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak: * plaas die CDROM in die aandrywer en maak die "My Computer" ikon oop. Regskliek op die CDROM-skyfikon en selekteer "Open" * gaan na die "dosutils"; lêergids en dubbelkliek op die "rawwritewin" ikon * sit 'n leë stiffie in die aandrywer * selekteer "D:\images\cdrom.img" in die "Image File" veld (met die aanvaarding dat "D:" die CDROM is, andersins vervang "D:" soos nodig). * kies "A:" in die "Skyfaandrywer" veld en kliek op "Skryf". Om die installasie te begin: * Om die installasie te begin sit die CDROM en herlaaiskyf in die nodige aandrywers * en herbegin die rekenaar. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 4. Ander installasie metodes Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n selflaaiskyf maak: * In Linux (of enige ander moderne unix) tik die volgende: dd if=xxxxx.img of=/dev/fd0 * In Windows, volg die metode in punt 3 beskryf, maar vervang xxxxx.img (sien onder) in die plek van cdrom.img. * In DOS, (as die CD is skyf D: is), doen : D:\> dosutils\rawrite.exe -f images\xxxxx.img -d A Hier is the selflaaibeelde: cdrom.img installeer vanaf CDROM hd.img installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows, of ReiserFS lêerstelsel) network.img installeer vanaf ftp/nfs/http other.img installeer met mingebruikte drywers wat nie op die vorige diskette pas nie. pcmcia.img installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing, meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun in network.img) usb.img installeer vanaf USB-toestelle: USB netwerktoestelle vir netwerkinstallasie, of USB-CDROM/CDRW's vir CD-installasie. blank.img installeer pasgemaakte Linux-stelselkern blank.img is 'n minimalistiese herlaaibeeld om stelselkerninstallasies aan te pas. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk [F1] by die Mandrake Linux verwelkomingskerm en tik dan text op die instruksielyn. Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandrake Linux uit te voer, selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1] by die Mandrake Linux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn. Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ Hoofstappe van installasie: 1. Plaas die installasie CDROM (of installasieskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar. 2. Druk [Enter] wanneer die Mandrake Linux verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na. 3. Na installasie verwyder die CDROM (en selflaaiskyf indien nodig); die rekenaar behoort te selflaai. 4. Mandrake Linux behoort te begin. Na die selflaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het. Baie belangrik: Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies. Voorspoed met Mandrake Linux ! [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: * http://www.linux-mandrake.com/ ______________________________________________________________________