Mandrake Linux

Installasie instruksies

Konfigurasie Benodig

Om Mandrake Linux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting.

LET WEL:


U kan ook Mandrake Linux binne 'n Windows 95/98/ME stelsel installeer, d.m.v. Linux vir Windows. Hierdie metode verg nie 'n skyfpartisie nie en installeer Linux binne 'n Windows-lêergids. Dit is 'n gemaklike metode om Mandrake Linux te ervaar sonder om u Windows-stelsel te verander. Dit is egter heelwat stadiger as 'n normale installasie. En u Mandrake Linux installasie is ook verlore sou u Windows herinstalleer. Verwys asb. na punt 2 vir die gebruik van Linux vir Windows.

Hier is die metodes om Mandrake Linux te installeer:

  1. Selflaai direk vanaf die CD
  2. Installeer binne Windows 95/98/ME
  3. Maak 'n selflaaiskyf met Windows
  4. Ander installasiemetodes


1. Selflaai direk vanaf die CD

Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of druk [F1] vir verdere hulp.

LET WEL:

Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 3 vir detail.

[bokant van hierdie bladsy]


2. Installeer binne Windows 95/98/ME

Om Mandrake Linux binne 'n Windows-lêergids te installeer, sonder om enige partisies op die skyf te skep moet u:

  1. Die CD in die aandrywer plaas,
  2. Die stelsel herlaai,
  3. [F1] druk wanneer die Mandrake Linux skerm verskyn,
  4. en lnx4win tik op die instruksielyn, en [Enter] druk
Volg dan die instruksies op die skerm.

Addisionele detail oor lnx4win kan in die ooreenstemende README-lêer gevind word.

LET WEL:

Wanneer u die CDROM onder Windows insit, sal 'n venster opspring wat u toegang sal gee tot die installasieopsomming asook die Mandrake Linux demonstrasies en tutoriaal. Dit sal u ook toelaat om die herlaaiskyf te skep wat onder punt 3 bespreek word.

Indien die venster nie opspring nie, loop:

D:\dosutils\autorun.exe

(vervang D met u CDROM se skyfletter).

[bokant van hierdie bladsy]


3. Maak 'n selflaaiskyf met Windows

Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:

Om die installasie te begin:

[bokant van hierdie bladsy]


4. Ander installasie metodes

Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n selflaaiskyf maak:

Hier is the selflaaibeelde:

cdrom.img installeer vanaf CDROM
hd.img installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows, of ReiserFS lêerstelsel)
network.img installeer vanaf ftp/nfs/http
other.img installeer met mingebruikte drywers wat nie op die vorige diskette pas nie.
pcmcia.img installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing, meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun in network.img)
usb.img installeer vanaf USB-toestelle: USB netwerktoestelle vir netwerkinstallasie, of USB-CDROM/CDRW's vir CD-installasie.
blank.img installeer pasgemaakte Linux-stelselkern

blank.img is 'n minimalistiese herlaaibeeld om stelselkerninstallasies aan te pas.

[bokant van hierdie bladsy]


U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk [F1] by die Mandrake Linux verwelkomingskerm en tik dan text op die instruksielyn.

Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandrake Linux uit te voer, selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1] by die Mandrake Linux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.

Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting.

[bokant van hierdie bladsy]


Hoofstappe van installasie:

  1. Plaas die installasie CDROM (of installasieskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar.
  2. Druk [Enter] wanneer die Mandrake Linux verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na.
  3. Na installasie verwyder die CDROM (en selflaaiskyf indien nodig); die rekenaar behoort te selflaai.
  4. Mandrake Linux behoort te begin. Na die selflaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het.

Baie belangrik:

Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies.

Voorspoed met Mandrake Linux !

[bokant van hierdie bladsy]


Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: